R70.00
Kleur
Pragtige donker kersierooi kleur
Boeket
Aanvanklike sweem van vars pruime, sederhout en granaat terwyl die wyn oopmaak tot ’n boeket van ryp bessies en rooi vrugte met ’n tikkie gedroogde kruie.
Proe
Sagte, elegante geure vul die verhemelte. Vars donker vrugte oorheers die smaak: pruime, kersies – niks taai of oorryp nie. Die wyn is gebalanseer en vol sagte tannine, vrugtige soetheid en talmende smaak.
In Voorraad
Beraamde afleweringstyd: 4 - 5 days