Holden Manz

Geleë in die boonste, suidelikste hoek van die Franschhoekvallei, omring deur skouspelagtige berge, lê die Holden Manz-wynlandgoed van 22 hektaar tussen die Franschhoekrivier en Stony Brook op 300 meter bo seevlak. As ’n eksklusiewe kweker van rooi druiwe het die landgoed slegs sy beste 16 hektaar onder wingerd, spesifiek Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Syrah en Merlot. Lang, koue, nat winters laat die wingerde goed rus, terwyl die warm, droë somers en ’n matige herfs die druiwe stadig laat ryp word. Met ’n ryk en uiteenlopende terroir wat deur sy unieke natuurlike omgewing beïnvloed word, drie verskillende grondtipes en ’n duidelik seisoenale klimaat is die landgoed se wingerde ideaal geskik vir ons bedoeling – die produksie van ultrapremiewyne vir die wynfynproewer by uitstek.

Die Holden Manz-wynlandgoed, goed beskut langs ons Franschhoek Kitchen en proelokaal, bied ’n moderne ontwerp wat ons wynmaker in staat stel om die terroir en sy vrugte op elke moontlike manier tot uiting te laat kom. Met ’n produksie van gemiddeld 100 ton hoëgehaltedruiwe wat met die hand geoes word, word ’n intieme benadering met klem op aandag aan besonderhede deurgaans gehandhaaf. Kleiner tenks maak afsonderlike fermentasies in klein hoeveelhede moontlik, terwyl ons wynmaker aan elke vat individuele aandag kan gee danksy die oopplanvatkelder. Die wynmakery word deur seepgladde vloei vanaf lewering tot bottelering afgerond, waardeur hantering en skok vir die wyne tot die minimum beperk word – nog ’n manier om seker te maak dat ons wyne in puik toestand in die glas beland en karakter en boeket in sy volle glorie verseker. Die onlangse byvoeging van 65 kW-sonpanele het ons energieverbruik beduidend verminder – ’n groot stap in ons deurlopende verbintenis tot volhoubare produksiepraktyke.

http://holdenmanz.com

BOONTOE

Search www.thewinefarmer.co.za

Teken aan

Wagwoord herwinning

Het jy jou wagwoord vergeet? Voer asseblief u gebruikersnaam of e-posadres in. U sal 'n skakel ontvang om 'n nuwe wagwoord per e-pos te skep.

Inkopiemandjie (0)

Welcome

By continuing past this point you confirm that you are 18 years of age or older.

Welkom

 Deur verder te gaan bevestig jy dat jy ouer as 18 jaar oud is.